Wat Glo Ons
Slegs Jesus Christus (Solus Christus)
Jesus is die enigste PERSOON deur wie ek (ons) gered kan word
Jesus Christus is die enigste WEG na God die Vader en die Ewige Lewe
Hiermee ontken ons enige ander persoon, god, godsdiens of weg wat aanspraak maak op redding.
Slegs die Woord (Sola Scriptura)
Ons leer Jesus ken in die Bybel. Enige verdraaide beeld van Jesus Christus wat nie bevestig word deur die skrif nie word ten sterkste afgewys.
Die Bybel is die onfeilbare Woord van God en is die besondere openbaring van God. Alles wat ons werklik kan ken en weet van God word deur die Skrif geopenbaar.
Enige byvoeging in ons godsdiens, geloof, moraliteit of denke oor God wat nie deur die Skrif gestaaf kan word nie, moet weg gelaat en beveg word.
Deur die lees van die Bybel word my denke vernuwe sodat ek die wil van God kan onderskei
Slegs Genade (Sola Gratia)
God neem die inisiatief om na my toe uit te reik, te roep en te gryp in my verlorenheid en om my te red.
Ek het dus niks vanuit my self om op te roem vir my redding nie. Selfs my ja antwoord op God se roeping is ‘n teken van God se genade werk deur sy Heilige Gees in my lewe.
Al waar op ek kan roem is Jesus Christus, die Kruis, die Opstanding en Werking van die HEILIGE GEES in my lewe.
Slegs Geloof (Sola fide)
God se verlossings kan slegs ontvang word deur geloof wat die Heilige Gees in my bewerk.
Ek kan niks doen om gered te word of om redding te verdien nie. In geloof kan ek berus op die volkome reddingswerk van Christus aan die kruis.
Die Heilige Gees wek geloof in my wat die krag het om my lewenswandel te vernuwe. Hierdie is ‘n aanhoudende proses waarop ek met vaste geloof en vertroue hoop.
Slegs alle eer aan God (Soli Deo Gloria)
God die Vader bewerk my (ons) Verlossing deur die kruis van Jesus Christus, en die Kragtige werking van die Heilige Gees mense se lewe
God alleen bou Sy Kerk en hou haar in stand deur Sy genadegawes
Wie is Ferdi Louw? (Predikant van Sola 5)
Ek word groot in ‘n huis van vyf seuns. My Pa was Peter Louw ‘n predikant en evangelis in die NG Kerk. In my matriek jaar roep die Here my om Teologie te gaan studeer op Stellenbosch. Van die begin af het die kritiese beskouing op die Bybel my gepla. Ek bedien 11 jaar in die NG Kerk.
My bediening in die NG kerk was altyd vir my ‘n vreugde, maar het gepaard gegaan met baie spanning rondom mensgemaakte strukture om instandhouding te verseker. Ek het op ‘n punt gekom waar ek myself nie meer kon vereenselwig met die struktuur en haar standpunte nie. Ek was besig om my vreugde in my roeping te verloor in die debatte rondom standpunte wat nie bevestig wat die Bybel sê nie, maar eerder die teendeel voorstel. In 2012 bedank ek uit die NG Kerk. ‘n Man, Jannie van der Merwe nooi my Upington toe.
Ons eerste byeenkoms daag 7 gesinne op wat die Here aan ons bind. Ons is uiteenlopende mense maar opgewonde oor Een God, sy Woord en sy Heilige Gees in ons lewens. Een ding is ek meer en meer van seker in my bediening in Sola 5: Jesus bou sy kerk!!!
Ek het ‘n Pragtige Vrou, Alida en vier kinders. Hulle hou my nederig en eerlik.
luister na ons preke
SOLA 5
5 Pilare
Solus Christus
Slegs Jesus Christus
Sola Scriptura
Slegs die Woord
Sola Gratia
Slegs Genade
Sola fide
Slegs Geloof
Soli Deo Gloria
Slegs alle eer aan God
KONTAK ONS
Ons Dienste
Plek: 62 Wildebees Straat
Tye: Sondae 09:30 am
Bank Besonderhede
Sola 5
FNB
62507182286